Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Erongo


Kollig


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

29.07.2010

St. Paul’s maak weer so

© Verskaf
Die jubelende sokkerspan van St. Paul’s na hul 3-0 oor St. Joseph.

DRIE doele was die verskil tussen die o.19 sokkerspanne van St. Paul’s en St. Joseph wat mekaar in die gewilde jaarlikse FNB Classic Clashes die stryd aangesê het.

Saterdag het honderde skoolmaats die twee spanne by St. Paul’s se sokkerveld in Windhoek ondersteun. Een speler wat uitgeblink het, was Garren Smith, puik voorspeler en kaptein van St. Paul’s.

Die seun het enorme talent en het dit Saterdag onderstreep in sy span se 3-0 sege. Garren sê hy gaan vanjaar vir SKW in die Namibië Premierliga opdraf.

“Dit gaan ’n uitdaging wees, maar ek is oortuig dat ek sal kan aanpas by die eise van die eliteliga van Namibiese sokker.”

Smith het twee jaar gelede na Engeland gereis waar hy genooi is om by Manchester United sy talent te vertoon. Maar die beseringspook het toegeslaan en ’n lastige knie het verhinder dat Garren sy deurbraak by een van die grootste sokkerklubs kon verwesenlik.

Hy is egter vol vertroue dat dinge reg sal uitwerk en dat hy wel eendag ’n deurbraak by een van die grotes in Europa sal maak. Republikein het hom oor sy opinie van die FNB Classic Clashes sportbonanza uitgevra.

“Ek glo vas dit bied goeie geleentheid aan die land se seuns en meisies om aan sport blootgestel te word. Dit is ook ’n kans om raakgesien te word deur sokker-, netbal- en rugbykenners. Ons moet dankie sê aan FNB wat elke jaar insette lewer in skolesport, om nuwe talent te help identifiseer en leerlinge van verskillende kulture mekaar beter te leer ken.”

St. Paul’s was Saterdag te goed vir St. Joseph. Dit is inderdaad die derde keer op ’n streep dat St. Paul’s die trofee in sy vertoonkas laat pronk.

Na drie doele in die eerste helfte was die skrif reeds aan die muur. Garren Smith het soos ’n ware kaptein die eerste doel aangeteken voordat Ayanda Katjitare en Kleopas Imalwa onderskeidelik die tweede en derde doele behaal het.