
Wanneer iemand ‘n TsoTso-stoof tydens die Windhoek Skou vir N$350 koop, kry hy/sy ‘n gratis pet en ‘n T-hempie.
MET die stygende elektrisiteitskoste en onsekerheid oor die toekoms van krag, kan die TsoTso-stoof ‘n baie belangrike item in ‘n mens se daaglikse lewe word. “Begin jou lewe met ‘n kostedoeltreffende stoof wat so veel as 70 persent minder hout nodig het as ‘n tradisionele vuur.
“Produkte wat in ‘n TsoTso-stoof gebruik kan word om mee kos te maak, kan hout, houtskool of dieremis wees. “Die stoof is baie goedkoop omdat dit plaaslik vervaardig word deur Windhoek Wood Saving Stove Project, ‘n selfwerkverskaffingsgroep bestaande uit jongmense. “Kom kyk gedurende die Windhoek Skou hoe die stoof werk,” rig die vervaardigers hul uitnodiging.