24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Erongo


Kollig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.09.2011

Skou se wenners

© Placido Hilukilwa
Me. Elizabeth Namundjebo (links) oorhandig die toekenning vir beste stalletjie deur ’n bankinstelling aan ’n verteenwoordiger van Standard Bank.

NA afloop van vanjaar se jaarlikse Ongwediva Handelskou kan ’n klomp instellings spog dat hulle die beste stalletjie in hul onderskeie kategorie gehad het. Republikein se susterskoerant Namibian Sun het vir die derde agtereenvolgende jaar met die eerste plek vir die beste mediastalletjie weggestap.
© Placido Hilukilwa
Standard Bank se Matti Kanalelo oorhandig die toekenning in die kategorie beste kleinonderneming in die SME-tent.
Die prysuitdelingseremonie is op die voorlaaste aand van die skou gehou. Namibië se nasionale kragvoorsiener NamPower het die eerste plek as algehele beste uitstaller behaal, terwyl The Glass Crafter die toekenning vir beste kuns en kunshandwerk en vir die beste SME (klein- en mediumgrootte ondernemings) uitstalling, opgeraap het. Die prysuitdelingseremonie was vanjaar weer deur Standard Bank Namibia geborg.

Standard Bank se besturende direkteur, mnr. Mpumzi Pupuma, het die organiseerders van die skou vir hul harde werk geloof. Hy het gesę kompetisie is noodsaaklik vir verbeterde produkte en dienslewering. Mnr. Pupuma het belowe dat Standard Bank sal aanhou om die jaarlikse skou te ondersteun.

“Dit bewys Standard Bank is daartoe verbind om die gemeenskap te help waarin ons besigheid doen,” het hy gesę.
© Placido Hilukilwa
Mnr. Tomas Iindji, die voorsitter van die NCCI in die Noorde, oorhandig die toekenning vir die beste media-stalletjie aan Namibian Sun se mnr. Holly Uushona.
Hy het die entrepreneurs in veral die SME-sektor aangemoedig om van bankdienste gebruik te maak.

“Niemand sal die potensiaal van jul besighede ken as julle die geld onder ’n matras wegsteek nie,” het hy gesę.

By dieselfde geleentheid het die Ongwediva dorpsraad se hoof uitvoerende beampte en voorsitter van die skou, mnr. Damien Egumbo, gesę terwyl verlede jaar se skou as die beste tot dusver gesien is, was vanjaar s’n selfs beter.

Die pryse vir die beste stalletjies in die onderskeie kategorieë was as volg:
© Placido Hilukilwa
Die besturende direkteur van Standard Bank Namibië, mnr. Mpumzi Pupuma.
• Kleinonderneming in die SME-tent: Kuku Mashungu

• Medium onderneming: Ciaobella

• Kuns en kunshandwerk: The Glass Crafter

• Toerisme en gasvryheid: Namibiese Toerismeraad

• Skryfbehoeftes en uitgewers: Bybelvereniging van Namibië

• Weefstof en klerasie: West African Mart

• Regering: Ministerie van Handel en Nywerheid

• Streek- en plaaslike owerheid: Omusati streekraad

• Nie-regeringsorganisasie: Outapi Oorlogsmuseum

• Skoonheidsprodukte: Pelican Hair

• Bankinstelling: Standard Bank Namibië

• Finansiële instellings buiten banke: MVAF

• Internasionaal: Capri Linen (RSA)

• Landbou: Ministerie van Landbou, Water en Bosbou

• Vervaardiging: Cernol Chemicals

• Nywerheid: Transtech Distribution

• Motorhandel: Auas Motors

• Opvoedkunde: Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur

• Media: Namibian Sun

• Inligting en Kommunikasietegnologie: MTC

• Korporatief: NamPower

Placido Hilukilwa op Ongwediva