Ongwediva Trade Fair


Ons Argiewe

03.09.10

Jaagtog soos op TV eindig in chaos

02.09.10

Sinnelose geweld

30.08.10

Windhoeker se kiekie laat vandale se turf sit

31.08.10

Meer as 60 ongelukke in vyf dae

01.09.10

Moles in München

15.10.2009

Saalperdkampioenskap dié naweek


DIE jaarlikse Namibiese saalperdkampioenskap vind môre en Saterdag by die Reitklub op Okahandja plaas en val saam met die Okahandja Somerfees.

Die perderas met sy natuurlike skoonheid, grasieuse bewegings, intelligensie en belangrikste van alles, hul passievolle persoonlikheid, maak hulle uitsonderlik.

Omdat die saalperd so ’n geskikte en intelligente perd is, is hulle ideaal vir beginners en vir ervare ruiters. Een eienskap waaroor hulle beslis beskik, is om toeskouers te vermaak en die adrenalien te laat vloei.

Saalperde geniet die applous en toejuiging van die publiek langs die skoubaan en reageer daarop. Min ander perderasse kan aanspraak maak dat hulle soveel ander dissiplines kan baasraak, byvoorbeeld springklasse, dresseer, uithouritte en gewone plaaswerk. En boonop die koning van die skoubaan bly.

Saalperde word geteel vir hul mooi voorkoms, grasieuse beweging en goeie geaardheid. Hulle is sonder uitsondering die mooiste en trotste onder die perderasse.

’n Saalperdskou word in vier verskillende klasse gehou. In die enkeltuigklas is spoed van belang, maar aksie en beheerbaarheid mag nie ingeboet word nie. Dan is daar die siertuigklas waar die perd die hele klas beheersd, maar tog vurig met grasie en aksie uitvoer. Die driegangklas bestaan uit die stap, draf en galop wat aldrie stadig, beheersd en met baie aksie en grasie uitgevoer moet word. Die vyfgangklas is die hoogtepunt van enige skou en bestaan uit ’n stap, draf, galop, kortgang en trippel. Hierdie klas vind plaas teen ’n hoë spoed, maar weereens te alle tye beheersd.