Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Erongo


Kollig


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

15.10.2009

Rykuns maak terapeutiese voordele



DIE Stirrup Riding School and Riding for the Mentally and Physically Challenged bied Saterdag ’n skyfievertoning en ’n klein demonstrasie van hul werksaamhede in die tent by die Okahandja Somerfees aan.

Volgens die sameroeper van die spesiale perdryskool, me. Karin Rasch, is die doel van die vertoning om die publiek bewus te maak dat ’n perdryskool vir gestremdes op die dorp bestaan.

Me. Rasch het genoem dat ruiters by die spesiale skool nie net op die perde gesit word nie, maar dat hulle deur die oefening ook terapie ontvang en daar met die ruiters gewerk word.

Tydens die demonstrasie wat in die arena plaasvind, sal vier geestelik gestremde volwassenes, een liggaamlik gestremde volwassene, een geestelik teruggetrokke kind, drie geestelik- sowel as liggaamlik gestremde kinders en ’n aantal ander ruiters, wat vir die gesonde leerbalans benodig word, deelneem.

Die Stirrup Riding School and Riding for the Mentally and Physically Challenged se ruiters het hul eerste les op 30 Mei 2009 gehad en rylesse vind op Saterdae plaas.

Die publiek word hartlik genooi om die skyfievertoning en ruiterdemonstrasie by te woon.

• Terapeutiese rykuns hou ’n reeks voordele vir volwassenes en kinders in; ook vir mense met gedragsprobleme, geestesgesondheidstoestande en leeruitdagings. Perdry kan bydra tot die verbetering van fisieke vaardighede soos balans, koördinasie, asook die verbetering van kommunikasievaardighede, ’n sin vir verantwoordelikheid, gemeenskaplikheid en persoonlike verhoudings, ’n verlaging in spanningsvlakke en die opbou van selfvertroue.
Het jy geweet?
 

Saalperde
 
• Saalperde word geteel vir hul mooi voorkoms, grasieuse beweging en goeie geaardheid.

• Hulle is in die 1800’s spesiaal geteel vir die Amerikaanse plantasie-eienaars om Sondaemiddae by bure te gaan kuier en spoggerig te arriveer.

• Saalperde is intelligent en kan baie dissiplines baasraak soos springklasse, dresseer, uithouritte en gewone plaaswerksperde, en is ook die koning van die skoubaan.

• Saalperde geniet die applous en toejuiging van die publiek langs die skoubaan en is ’n “vermaker” van formaat.

Vlaamse perde
 
• Vlaamse perde is die reuse van hul ras.

• Die perde is reeds voor die tyd van Julius Caeser gebruik om soldate en ridders in oorloë in te lei.

• Vlaamse perde is geteel vir hul uithouvermoë en krag om die ridder met sy volle wapenrusting te kan dra.

• Die perde beskik oor eeu-oue gene wat die lewens van hul voorouers weerspieël en het ’n waardevolle kulturele en historiese erfenis.

Friesperde
 
• Friesperde is oorspronklik van Friesland en is een van Europa se oudste perderasse. Na bewering dateer hulle ongeveer 1 000 jaar V.C.

• Friesperde was gewild gedurende die Middeleeue omdat hulle sterk genoeg was om swaar wapentoerusting van die soldate te kon dra of trek.

• Konings en koninginne het Friesperde gebruik as ry- en trekperde.

• Vanaf 1875 was die Friesperd gebruik as ’n aandrywer van energie, vir die trek van meulens, werk op landerye, krygsperde, persoonlike vervoer en sport.