15.10.2009 Polka doen enige voertuigwerk
VIR meganiese diens, ’n 24-uur insleepdiens, velddiens en duikklop en paneelwerk in Okahandja kan die publiek by Polka Auto & Truck gaan aanklop.
Die onderneming doen reeds die afgelope drie jaar sake op die dorp en mnr. Andrew Kotzé, eienaar van Polka Auto & Truck, doen ook die afgelope jaar enige staalwerk wat met voertuie verband hou.
Polka Auto & Truck lewer ’n 24-uur insleepdiens in en om die dorp sewe dae van die week.
By die meganiese afdeling van die onderneming doen mnr. Kotzé en sy werknemers paneelklopwerk aan voertuie, spuitverf en die oorverf van alle voertuie, asook outo-elektriese werk.
“Ons doen werk vir alle versekeringsmaatskappye,” het hy gesê.
Die afgelope jaar is ook begin met vervaardiging van jagrame, tralie-relings en bosbrekers vir voertuie.
Die onderneming kan ook voertuie ombou wat as jagvoertuie en wildbesigtigingsvoertuie gebruik kan word.
Polka Auto & Truck is in Industriestraat 1209 in die nywerheidsgebied van Okahandja geleë.
Mnr. Kotzé kan by 081 129 7490 of per e-pos by label@mweb.com.na gekontak word.
|