Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Erongo


Kollig


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

31.08.2010

Ongwediva-skou groei uit sy nate

© Placido Hilukilwa
Adjunkpremier Marco Hausiku en sy geselskap besoek die stalletjie van die Ministerie van Veiligheid en Sekuriteit.

MEER plaaslike ondernemings moet tot die stryd toetree om die uitdagings van werkloosheid, armoede en beter dienslewering veral in landelike gebiede aan te spreek.

Dit was die boodskap van President Hifikepunye Pohamba aan uitstallers by die Ongwediva Handelskou wat gister deur die Adjunkpremier, mnr. Marco Hausiku, namens die President geopen is.

Die President het plaaslike ondernemings wat tot die handelskou bygedra het, geprys en die hoop uitgespreek dat nog private instansies by soortgelyke inisiatiewe betrokke sou raak. Intussen is planne om die sentrum waar die handelskou jaarliks aangebied word, uit te brei, ook onderweg.

Die uitbreidings is nodig aangesien die aantal uitstallers so toegeneem het dat meer spasie vir hulle geskep moes word. Die veranderinge sal na verwagting reeds afgehandel wees voor aanstaande jaar se skou afskop en sal voorsiening maak vir nywerheidsuitstallers, motorhandelaars en verskaffers van landbouprodukte.

Die Ongwediva Handelskou (OATF) dien sedert sy aanvang tien jaar gelede as ‘n welkome en gewilde platform vir meestal klein en medium grootte ondernemings om hul produkte ten toon te stel. Tydens die opening het President Pohamba die organiseerders se pogings geprys om die beeld van die OATF te verbeter en dit in een van die mees prominente en uitsoek sake-uitstallings in Namibië te omskep.

“Dit is bemoedigend om die voortdurende groei van hierdie handelskou se internasionale profiel te sien. Daar is verskeie uitstallers uit ander lande in Afrika en Asië. Dit wys op die vertroue wat uitstallers in hierdie handelskou ontwikkel het as ‘n vertoon- en bemarkingsplatform vir hul produkte en ‘n plek waar hulle inkomste kan verdien,” het mnr. Pohamba gesê.

Die openingseremonie is deur verskeie kabinetministers, lede van die Parlement en plaaslike gemeenskapsleiers bygewoon.

Die dorp se burgemeester, me. Patricia Kashuupulwa, het die verwelkoming gedoen, terwyl die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, mnr. Tarah Shaanika, as seremoniemeester opgetree het.

• Die Namibian Sun, ‘n susterkoerant van Republikein, het benewens die 32-blad bylae oor die Ongwediva Handelskou wat verlede Donderdag as deel van die weekblad versprei is, ook maatskappye, besighede en instellings die geleentheid gebied om hulself deur middel van ‘n spesiale publikasie aan die publiek in die Noorde bekend te stel.

Meer as 5 000 van die publikasies sal daagliks tot aan die einde van die skou versprei word sodat diegene in die omgewing van die Ongwediva Handelskou meer van die instellings kan leer. Dit is veral MTC, NHE, Shoprite, die Maatskaplike Voorsorgkommissie, die Staatsdiens se pensioenfonds (GIPF), Namfisa, Leonara’s en Afrika Stadt Haus wat hul produkte en diens hierin adverteer.

Voorts kan lesers ook meer oor Newsprint Namibia, FutureMedia, Tournamibia en natuurlik die Namibian Sun in die publikasie lees.

Placido Hilukilwa op Ongwediva