
Voorbereidings vir die jaarlikse Ongwediva Handelskou wat vandag begin en tot aanstaande Saterdag duur, is gister afgehandel. Koerante in die stal van Democratic Media Holdings is ook weer op die skou teenwoordig. Volgens organiseerders sal vanjaar se skou groter en beter as ooit te vore wees.