Op Ongwediva kook dit behoorlik hierdie week en die jaarlikse handelskou op die dorp, is ‘n reusesukses.
Die Namibian Sun, ‘n susterkoerant van Republikein, versprei daagliks vir die duur van die skou meer as 5 000 spesiale publikasies oor die skou.
Sakeondernemings en ander instansies het van die publikasies gebruik gemaak om hulself aan die publiek in die Noorde bekend te stel.
Hierdie koerantverkopers versprei daagliks die spesiale publikasies.