Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Erongo


Kollig


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

15.10.2009

Okahandja Electrical Services kyk terug oor 40 jaar



VIR meer as veertig jaar doen Okahandja Electrical Services and Wholesale besigheid oor die hele Namibië en in buurlande.

Die eienaar van Okahandja Electrical Services and Wholesale, mnr. Alcino Novais da Costa , of soos almal op die dorp hom ken, Shorty, sê hy het op 29 Augustus 1969 die onderneming op die dorp begin en het nog nooit teruggekyk nie.

Die onderneming het aanvanklik net twee werknemers gehad, maar daar was in ’n stadium 50 werknemers.

“Ek het die hele land vol gewerk – noord, suid, oos en wes en ook in Angola,” het mnr. Da Costa gesê.

Okahandja Electrical Services hou ook ’n verskeidenheid stowe, lampe, yskaste, muursokke en skakelaars, elektriese bedrading, radio’s, batterye, kragopwekkers, gereedskap en energiebespaarders aan.

Mnr. Da Costa het genoem dat indien iets nie in voorraad is wat die publiek soek nie, sy winkel dit binne ’n paar dae vir hulle beskikbaar kan hê.

Okahandja Electrical Services is in die dorp se hoofstraat langs die apteek geleë.