Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Erongo


Kollig


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

30.08.2010

Lekker op Ongwediva

© Placido Hilukilwa
Die Ongwediva Handelskou is dié week die plek om te wees en selfs een van Namibië se bekendste en gewildste vermaakliksheidkunstenaars, Gazza, kon nie daar wegbly nie. Hy het gister spesiaal ‘n draai gaan maak by die stalletjie van die DMH-groep. Kort voor lank het ‘n groot groep van sy aanhangers hulle by hom aangesluit en gewys net hoe lekker die skou is.

DIE Ongwediva Handelskou (OATF) het Vrydag afgeskop en dit was die naweek reeds duidelik dat vanjaar se gebeurtenis alle verwagtinge sal oortref.

Beide uitstallers en die organiseerders het Vrydag hul tevredenheid oor die verloop van die voorbereiding uitgespreek. Volgens die skakelbeampte van die Handelskou, mnr. Andreas Uutoni, het 6006 mense Vrydag en 7879 mense Saterdag reeds die skou besoek.

Dit is ‘n verbetering van die vorige jaar se besoeksyfers vir die eerste twee dae, maar mnr. Uutoni meen die Heldedagvieringe en die feit dat baie mense na Lüderitz gereis het om dit mee te maak, het tog besoekersgetalle beïnvloed. Hy sê aanvanklik is ‘n klein tekort aan mannekrag ondervind, maar dit het nie enige noemenswaardige invloed op die skou gehad nie.

Hoewel sommige van die 559 uitstallers Vrydag nog besig was om hul stalletjies voor te berei, was die grootste meerderheid reeds besig om hul ware en dienste aan besoekers te vertoon.

Die uitstallers se verwelkomingseremonie het Vrydagaand plaasgevind. Die naweek was ook propvol ander aktiwiteite wat met die handelskou gepaardgaan.

Dit het onder meer voorstellings deur die Tenderaad en die Amerikaanse ambassade ingesluit, asook ‘n vlugbaltoernooi wat deur die Ministerie van die Omgewing en Toerisme gereël is om mense meer bewus te maak van klimaatverandering.

Die DMH-groep se koerante, Republikein, Namibian Sun en Allgemeine Zeitung is ook oudergewoonte by die skou teenwoordig.

Die stalletjie word deurgaans beman en die baie gewilde CD’s en DVD’s met foto’s van onder meer die Efundja-seisoen die afgelope jare in die noorde van die land, is daar te koop.

Die gewilde vermaaklikheidskunstenaar Gazza het Sondag spesiaal ‘n besoek gebring by die DMH stalletjie. Die handelskou duur nog tot Saterdag.