5.06.2010 Laaste wenners in Expo-fotokompetisie
 Sammy Sowden
Min inskrywings is op die laaste dag van die Namibia Tourism Expo fotokompetisie ontvang, maar tog is daar drie gelukkige expo-gangers wat 'n meevallertjie ontvang het.
In die algemene afdeling is Sammy Sowden beloon vir sy goeie foto van kinderpret met N$500 en die naaswenner is Anthony Coomer wat op die laaste minuut van die expo sy foto van die grootoog kameel ingegee het.
In die Motorskou-afdeling wen Anco Baard N$500 vir haar treffende foto van die Alfa Romeo Spider. Geen ander inskrywings is in die afdeling ontvang nie.
 Anthony Coomer
 Anco Baard
|