26.09.2008 Kleinvee waarborg opwinding
VANJAAR skop die kleinveepgrogram reeds môre met drie opwindende items af. In Ring 1 om 09:00 Saterdag sal B. van Zyl, Dirk Louw en M. du Plessis die kleinvee wat vir die slagkompetisie ingeskryf is, op die hoef beoordeel. Terselfdertyd, in Ring 2, sal die beoordeling van inheemse bokke plaasvind. Dié beoordeling sal deur P. Coetzee, J. Coetzee en J. Morrison gedoen word.
Om 14:00 Saterdag vind die nasionale kampioenskap van die Persieskape in Ring 2 plaas. Die beoordelaars wat by die kampioenskap betrokke is, is W. von Wielligh en L. van Rensburg. Maandag kom die Boerbokke en Kalahari Reds an die beurt. Die bokke word in beide Ring 1 en 2 deur K. van Wyk en A. Louw beoordeel.
Die beoordeling begin om 08:00. Maandagaand om 07:00 vind die telersfunksie van alle veeprodusente in die Vermaakarena van die landbouafdeling plaas. Dit word gesamentlik deur Agra en Meatco aangebied. Die beoordeling van die Boerbokke en Kalahari Reds gaan Dinsdag vanaf 08:00 in Ring 1 voort en sal Woensdag vanaf 08:00 hervat.
In Ring 2, Dinsdag, sal die nasionale kampioenskap van die Damaraskape plaasvind. Die beoordelaars vir die ras is W. von Wielligh, J. Oberholzer en J. Morrison. Ring 2 is Woensdag die beoordelingsterrein vir die Van Rooyskape se nasionale kampioenskap.
Dit vind vanaf 08:00 plaas en die be-oordeling sal deur N. Coetzee en L. Bothma waargeneem word. WIn Ring 1 word die dorpers en wit dorpers vanaf 08:00 Donderdag deur L. Binneman en D. Visser beoordeel. Om 16:30 sal die kleinvee aan die openingsparade deelneem. Voermeester se kleinveebraai vind om 19:30 by Agra se geriewe plaas. Die kleinveeveiling word Vrydag om 12:00 deur Namboer in die Agra/ Bank Windhoek-ring aangebied.
|