
Die Dairies-trein wat tydens die skou weer beskikbaar sal wees om kinders op ritte te neem.
VANJAAR sal Namibia Dairies weer die Dairies-trein by die skou beskikbaar hê om kinders te vermaak en op ritte deur die skougronde te neem. Hierdie jaar sal elke kind met die koop van ’n treinkaartjie een van Sunsation Dairy Mix se twee nuwe geure gratis by die Namibia Dairies-stalletjie ontvang.
’n Houer van 250ml Sunsation Dairy Mix sal aan hulle gegee word. Die twee nuwe geure van Sunsation Dairy Mix is veselperske- lemoen en perskeappelkoos. Die jongspan se gesigte sal ook gratis by die stalletjie geverf word terwyl hulle op die vertrek van die melktrein wag.
Kliënte wat die nuwe geure van Sunsation Dairy Mix wil beproef, kan tydens die skou ’n besoek aan Namibia Dairies se stalletjie bring om die twee geure te toets. Ander produkte van Namibia Dairies sal ook daar te koop wees.