
Met die Windhoek Skou wat die naweek ten einde loop, is die groot- en kleinvee-kampioene gisteraand tydens die veeparade luisterryk aan die publiek vertoon. Dirkie Uys (tweede van regs) is vanjaar huis toe met die mees gesogte toekenning vir grootvee – dié van die kampioen van kampioene. Johan van Wyk (regs) van Standard Bank Namibia het die trofee aan hom en sy vrou, Hannetjie oorhandig. Die touleier is Bernardus !Auseb. Dirkie se Brahmaan-koei, Savanah Sublime, het ook die Koninginsbeker gewen as die superkoei by die skou en is aangewys as die interras-koei in die vleisafdeling. Kry vandag die volledige uitslae in Republikein se spesiale bêreboekie, Parade. Dit sal by die skou versprei word en sal ook Maandag as invoegsel in Republikein en Allgemeine Zeitung op straat in Windhoek verkrygbaar wees.