24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Erongo


Kollig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

4.06.2010

Eerste wenners in Expo-fotokompetisie

© Maria da Conceicao Lourence
Maria da Conceicaõ Lourence se wenfoto.

ALTESAAM 25 foto’s is gister in die eerste dag van Republikein se Expo-fotokompetisie ontvang.

Maria da Conceicaõ Lourence het met haar foto oor ’n uitstalling van die fotograaf Paul van Schalkwyk die eerste prys van N$500 gewen.
© Alistair Baron
Alistair Baron se wenfoto.
In die afdeling vir die motorskou het Alistair Baron se foto’s oor die Hyundai i30 hom N$500 in die sak besorg vir beste foto.

In die tweede plek kry Chantel Hamilton N$250 vir haar foto oor ’n kar wat soos ’n sokkerbal geverf is.

Aangesien daar nie twee naaswenners in die algemene afdeling is wat die tweede en derde pryse van N$250 gewen het nie en ook nie ’n derde wenner vir die prys van N$250 in die motorskouafdeling was nie, word die geld na vandag se kompetisie oorgedra.

Vandag is daar dus altesame N$2 750 op die spel.
© Chantel Hamilton
Chantel Hamilton se wenfoto.
Die kompetisie werk so. Besoekers aan die Namibia Tourism Expo kan foto’s met hul selfone of digitale kameras neem oor enigiets wat hulle interessant vind by die Expo.

Daarmee gaan hulle na Republikein se uitstalruimte oorkant die Karakoelsaal waar personeel dit verder sal hanteer vir plasing op hul webblad.

Die pryse vandag is soos volg:

In die algemene afdeling is daar ’n kontantprys van N$500 op die spel vir die beste foto en N$250 vir vier naaswenners.

In die afdeling oor die motorskou kan ’n gelukkige besoeker N$500 wen vir die beste foto en drie naaswenners elk N$250.