BESOEKERS aan die Okahandja Somerfees kan gerus op die Groentoer-trok spring en besoek aflê aan ’n blom-, groente-, olyf- en organiese plaas. Volgens die organiseerders kan toergangers meer te wete kom oor die verskillende tipes gewasse wat op die dorp en in die omgewing verbou word en word ook ’n draai gemaak by ’n waterbotteleringsaanleg op die dorp.
Plekke wat tydens die toer besoek word sluit in:
Greenspot Organics
Organiese groente en kruie wat floreer in kompos, erdwurms en aardse geheimenisse.
John Thorburn
Lappe van lowergroen lusern en Okahanjda se spesiale water in bottels.
Bespreek jou plek vir die Groentoer by Manjo Smith of Gina Malgas by info@greenspot.com.na of 062 502 410.
Die koste vir die groento er beloop N$50 per persoon.
Die Groen toer vertrek die volgende tye vanaf die Reit Klub op Okahandja: Vrydag om 10:00 tot 12:30 en weer om 14:00 tot 16:30. Saterdag vertrek die Groentoer om 10:00 tot 12:30 en weer om 14:00 tot 16:30.