24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Erongo


Kollig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

10.06.2011

Besoek is ’n móét

Namibia Tourism Expo

© Francois Poolman
Lede van die publiek kan by die Checkers Chefs’ Indaba stalletjie van die land se beste sjefs in aksie sien.

DUISENDE besoekers en lede van die toerismebedryf het gister deur die hekke van die Namibia Tourism Expo gestroom, wat nog tot môre in die hoofstad plaasvind.

Benewens die amptelike opening van die grootste toerismeskou in die land, is Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie na ’n paar jaar se afwesigheid opnuut van stapel gestuur. Paartjies wat tussen April 2011 en Maart 2012 trou, staan ’n kans om wonderlike pryse te wen.

Om meer oor die kompetisie uit te vind, besoek die Ekspo waar die NBL-saal omskep is in ’n mini-trouskou, wat aantoon hoe gewild Namibië as troubestemming vir internasionale paartjies word.

Die “Wedding Extravaganza”, soos die saal gedoop is, is egter net een van talle nuutjies by die Ekspo en is daar weer baie vir skougangers te sien. Boonop bied talle uitstallers spesiale aanbiedings en kompetisies aan.

Een van talle trekpleisters is die Checkers Chef’s Indaba, waar bykans elke uur kookdemonstrasies en -kompetisies gehou word met bekende plaaslike en Suid- Afrikaanse sjefs. Moet ook nie die splinternuwe Boendoe-afdeling misloop nie, waar voornemende jagters by uitstallers ’n draai kan maak om te sien wat die jongste in die mark is.

Op die jonger garde wag ook groot opwinding by die Ekspo, aangesien Bank Windhoek se Solo-produk spesiale geriewe vir woelwaters ingerig het.

Die speelterrein is geskep sodat ouers kan ontspan en iets eet of drink, terwyl die kinders hulself met ’n verskeidenheid speletjies en aktiwiteite besig hou. Buiten die eet- en drinkgoed is alles gratis. Die Ekspo duur tot môre.

Skoutye is vandag vanaf 12:00 tot 22:00 en môre vanaf 10:00 tot 22:00. Toegang beloop N$30 vir volwassenes en N$15 vir kinders onder 12. Pensioenarisse en kinders onder ses verkry gratis toegang.