Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Erongo


Kollig


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

15.10.2009

Berg-op Akademie verseker hoë gehalte onderwys


Die Bakgat ATKV-span. Agter: Jason Bok, Larnelle Garnie, Aisha Coowar, Zandri Nortje, mnr. L. van der Linde en Bee Grobler. Voor: Quinton Kotze, Bennie Maritz en Danielle Myburgh.

BERG-OP Akademie op Okahandja berei leerlinge op alle terreine, op ’n dinamiese wyse en vanuit ’n Christelike grondslag voor sodat hulle as volwaardige landsburgers in die samelewing kan uitstaan.

Die Akademie is ’n ouergedrewe onderwysinstelling wat die Ministerie van Basiese Onderwys, Sport en Kultuur geregistreer is om onderwys van primêre vlak tot graad 12 aan leerlinge te gee.

Die skool wat in 2008 geopen is, het 115 leerlinge waarvan die eerste groep volgende jaar hul graad 12 eksamens gaan aflê.

Volgens die skoolhoof van Berg-op Akademie, mnr. Piet Greeff, is die onderrigmetodes van die skool op ’n Christelike grondslag gegrond en maak van die Regering se kurrikulum as onderwysstelsel gebruik.

Klasse word aangebied deur bekwame onderwysers en moderne onderwysmetodes word gevolg.

Engels en Afrikaans word as onderrigmedium in die skool gebruik en Duits as ’n derde taal word ook aangebied.

Verskeie sport- en kultuuraktiwiteite word by Berg-op Akademie aangebied en die skool het reeds verskeie sportpresteerders opgelewer.

Leerlinge aan Berg-op Akademie is verseker van hoë gehalte onderwys. Klasse kan net 15 leerlinge akkommodeer wat verseker dat die leerlinge persoonlike aandag van die onderwyser kan ontvang.