Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

20.08.2010

Wen met namlish.com by Metropolitan raadsbeker

© Republikein

METROPOLITAN Namibia as hoofborg van die naweek se raadsbekerfinale gaan die pil verder versoet deur saam met namlish.com foto’s van die aksie by die rugbydag aanlyn te publiseer.

Deur die loop van die dag sal fotohoogtepunte deurgaans op die webwerf gelaai word en sal die eindtelling van elkeen van die tien wedstryde beskikbaar wees soos die wedstryde afgehandel word.
© Republikein
Metropolitan se Raadsbeker is die hoogtepunt van die skolerugbyseisoen met die wedstryd in die o.19-superliga tussen Dr. Lemmer en WHS word die Hage Geingob-stadion die plek waar leerders Saterdag sal moet saamtrek tot die laaste eindfluitjie blaas.

Vir alle skoliere wat hul stemme hees gaan skree vir hulle gunsteling spanne, wag ’n groot bonus.

Leerders by die stadion wat glo hulle het die foto van die dag op ’n selfoon vasgelê, kan namlish.com se span in die stadion soek en die foto daar aflaai vir publikasie op die gewilde jeugwebwerf.

Agt goeie foto’s sal daar en dan met N$100 se beltyd beloon word en ná al die foto’s van Saterdag deurgesoek is sal die beste foto van die dag Maandag aangewys word en sal die fotograaf N$200 se beltyd ontvang.

Dié pryse word goedgunstiglik deur Metropolitan Namibia geborg.

Soek dus die namlish.comspan Saterdag op die stadion en hou www.namlish.com dop vir die aksie!