24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

10.01.2012

Wees slaggereed nog voor skool begin

MET die begin van die nuwe skooljaar staar gesinne nuwe organisasie- uitdagings in die gesig. Skoolklokke lui en so ook vroegoggend wekkers. Dis ook nie lank nie, of die huiswerk stroom in en die buitemuurse aktiwiteite begin.

Was die vakansie maar net ’n paar dae gelede?

Die beste is om nou al georganiseerd te raak. Gebruik die idees hier onder om jouself, jou huishouding en gesin vroegtydig gereed te maak.

Maak jou gesin gewoond aan ’n “skool-skedule”. Die eerste skooldag is te laat vir ’n dramatiese verandering in huishoudelike slaappatrone. Probeer eerder om kinders geleidelik aan die nuwe roetine gewoond te maak. Sorg byvoorbeeld dat hulle in die laaste tien dae van die lang vakansie vroeër gaan slaap, en maak hulle elke dag ’n bietjie vroeër wakker.

Moenie etenstye afskeep nie. Veral jonger kinders moet by nuwe etenstye aanpas wanneer hulle skool toe gaan.

Stel ’n kalender op. Skoolfunksies, etes, vergaderings, musieklesse, sport. Alles raak soms net te veel. Wanneer dit egter op ’n skedule aangeteken is, kan dit reëlings oor gebeure aansienlik vergemaklik. Maak seker almal teken hulle skedules daarop aan en hou die skedule daar waar almal dit kan sien.

Beplan goed voordat jy inkopies gaan doen, want ’n ingeligte koper is ’n slim koper. Gaan jou kind se behoeftes na. Soek kaste en laaie goed deur. Moet sy sokkies vervang word? Ontwikkel ’n lys van klerekas-behoeftes vir elke kind. Sal kleinboet byvoorbeeld ouboet se klere kan dra?

Kry jou papierwerk in orde. Skole vereis gewoonlik dokumentasie van alle aard. Indien jy hierop voorberei is, gaan dit die gerondskarrel op die laaste minuut uitskakel.

Beplan die vorige aand reeds wat die volgende oggend moet gebeur. Wat kan jou las ligter maak? Kan jy die ontbyttafel reeds dek voordat jy gaan slaap? Is môre se skooldrag reg? Is alle huiswerk voltooi? Is sportsakke gepak?

Hierdie wenke sal help dat die nuwe skooljaar seepglad sal verloop.