20.12.2011 Uitslae dié week
DIE room van vanjaar se graad 12-groep kry sy beslag die week met die aankondiging van 2011 se eksamenuitslae in die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat op Hoërvlak (NSSCH).
Vanjaar was daar 10 597 leerlinge met vakke op hoërvlak; ’n toename van meer as 1 700 kandidate teenoor 2010.
Verlede jaar se afname in 1-graderings – die minste nog – sal iets wees wat skole en die Ministerie van Onderwys drasties wil omkeer. In 2010 was daar nietemin meer 2’s en 3’s en ’n afname in 4’e, wat hopelik nog verder sal verminder.
Om verder te studeer, benodig kandidate ’n 3 of beter.
Verlede jaar het leerlinge beter in onder meer rekeningkunde, biologie, wiskunde en Engels gevaar, maar swakker in geskiedenis, rekenaarstudies en ontwerp en tegnologie. Watter standaard gaan die 2011-groep stel?
Al die vrae word nog hierdie week beantwoord.
→ Onthou om jou spesiale uitslaekoerante vir graad 10 en graad 12 hoërvlak saam met jou DMH-koerante te koop. Elke koerant kos N$5.
|