Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

4.08.2010

Suksesvolste pretloop nóg vir Dagbreek

© Beata Stephanus
Stappers het die pretloop glimlaggend voltooi.
DANKSY die meer as driehonderd mense wat hul stapskoene verlede Saterdag aangetrek het om deel te neem aan die vyf kilometer pretloop van Dagbreek Skool, kon die skool sowat N$15 000 insamel. Die skoolhoof, mnr. Paul du Plessis, vertel dit maak vanjaar se pretloop die suksesvolste nóg.

Die roete was rolstoelvriendelik en die verkeerspolisie het die stappers per motor vergesel en toegesien dat geen verkeersprobleme opduik nie.

“Die geld wat ingesamel is, sal gebruik word vir ’n funksie vir ons skoolverlaters. As daar geld oor is, wil ons dit gebruik vir ’n Kerspartytjie vir die kinders aan die einde van die jaar,” sê die skoolhoof.

Dagbreek bedank graag die volgende instansies vir hul geldelike bydrae tot die pretloop: Retirement Fund Solutions, Hyundai, Michelle McLean Kindertrust en Maerua Super Spar.

Pryse, geskenkpakke en versnaperinge is geborg deur Waltons, Kolok, Trustco, Namibia Beverages, Bokomo, Interpack, Metropolitan, Bank Windhoek, Nampower, Sportsmans Warehouse, Okapuka Ranch, Maerua Apteek en Pupkewitz Toyota.

Alle ander individue wat ’n bydrae gelewer het, word ook hartlik bedank.