|
Republikein
|
|
|
11.09.2010 Suksesvolle dag by Delta se draakbootresies![]() Aksie op die Avisdam.
Die Sekondêre Skool Delta van Windhoek het vandag hulle tweede jaarlikse draakbootresies by die Avisdam gehou om gees onder die skoliere te bou.
Die wenners van die senior resies was: 1ste plek: Graad 12 B 2de plek: Graad 11C 3de plek: Graad 12 C ![]() Die wenspan van die senior afdeling - die graad 12 B's.
Die wenners van die junior resies was:
1ste plek: Graad 9 B 2de plek: Graad 8 B 3de plek: Graad 9 A ![]() Die wenspan in die junior afdeling was die graad 9 B-klas.
Fotopret
Tesame met die pret het Namlish.com in samewerking met Republikein ‘n fotokompetisie vir die leerlinge aangebied. Hulle kon soveel foto’s as wa hulle wou by Namlish.com se personeel langs die dam aflaai en elke uur is die leerder met die beste foto met N$100 beloon. Dié wenners was: 09:00 - Sebastian Menne 10:00 - Nonna van der Merwe 11:00 - Amy Walters 12:00 - Nicole van Wyk 13:00 - Waylene Beukes 14:00 - Mary Amweelo 15:00 - Archy Ndjavera 16:00 – Jürgen Maletsky En… die klas was die meeste foto’s vir die dag afgelaai het, het ‘n allemintige N$1 000 vir die klas gewen. Dié klas was graad 11 B. Gaan kyk na nog foto’s van die resies en foto’s deur die leerlinge op www.namlish.com. Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak. |
|