Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

23.08.2010

Storieboeke vir skooltjie op Rehoboth

© Ellanie Smit
Sowat veertig storieboeke is deur Namibre aan die Primêre Skool Origo op Rehoboth geskenk sodat die skool sy biblioteek tot ‘n volwaardige mediasentrum kan uitbrei. Aangesien Rehoboth net een openbare biblioteek het en dit nie op standaard is om as ‘n hulpbron- en navorsingsentrum vir laerskool leerlinge te dien nie, voel die skool dat daar ‘n behoefte is om hul biblioteek in ‘n mediasentrum te omskep. Die skool het egter nog ‘n tekort aan boeke waaruit leerlinge kan navorsing doen vir take. Die sentrum sal help om die leesvaardighede van leerlinge te verbeter en ‘n kultuur vir lees op ‘n laerskoolvlak te ontwikkel. Die besturende direkteur van Nambire, me. Anna Nakale-Kawana, het die boeke aan ‘n onderwyser van die skool, me. Donne Ferreira oorhandig.