24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

29.10.2008

Skool vir gehoorgestremdes

© Verskaf
Verna’s Academy het op 27 Oktober deur middel van ’n groot uitstalling hulle nuwe naam en status ingehuldig. Die Akademie is nou Verna’s Development and Uplifment Organisation for People with Disabilities.

Dit is nou ’n geregistreerde welsynsorganisasie, wat toegespits is op die opleiding van mense met gehoorgestremdhede in kleremaak, broodbak, binnenshuise versiering en gebaretaal.

Die Waldorf-skool in Windhoek vind ook baat by die organisasie deurdat hulle leerlinge opleiding in gebaretaal ontvang. Hulle studente sal binnekort hulle sertifikate ontvang. Verna se organisasie sê die dowe meisies van die Skool vir Gehoorgestremdes in Windhoek is baie gemotiveerd en vol selfvertroue.

Die organisasie is ook in onderhandelings om ’n winkel in Windhoek oop te maak om ’n platform vir beter bemarking vir die meisies se produkte te skep. Hier staan ’n paar van die meisies met items wat hulle gemaak het saam met me. Verna Kasper en haar dowe assistend, mnr. Flavio Luntala.