24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

10.01.2012

Skool toe sonder dat die beurs geruk word

LAAT die blote gedagte aan skoolitems koop jou bankrot voel? Wel, dit hoef nie, want hier is ’n paar wenke om geld te spaar op daardie skoolnoodsaaklikhede.

Doen “inkopies” tuis

Voordat jy die pad aandurf winkels toe, kyk in die huis rond om te sien of daar items is waaroor jy reeds beskik. ’n Liniaal, potlode, ’n sakrekenaar en rugsak hoef nie elke jaar vervang word nie.

Snuffel rond

Omdat winkels wedywer om jou geld in hul kasregisters te kry, het hulle gereeld spesiale aanbiedinge.

Koop net wat jy benodig

Sodra jy by ’n winkel instap, kan al daardie ekstra goedjies baie aanloklik wees: gekleurde penne, plakkers... die lys gaan aan. Moenie verlei word nie!

Om te verhoed dat jy te veel bestee, stel vas hoe jy jou kind se versoeke vir nie-noodsaaklike items gaan hanteer wanneer hy/sy daarvoor vra.

Hanteer dié versoeke so:

• Laat een ekstra aankoop toe

• Laat jou kind uit sy sakgeld betaal vir dit wat nie op die lys is nie

• Moenie toelaat dat jou moed jou begewe nie.

Doen dit self

Gewone, alledaagse skryfbehoeftes kos altyd minder as dié met handelsmerke, maar ongelukkig hou kinders meer van enigiets wat hul gunsteling strokiesprent-karakter op het. Die oplossing? Koop die goedkoper items, maar laat jou kleintjie dit versier met kleurvolle plakkers, en dies meer.

Koop agter gehalte aan

Moet jouself nie altyd vas staar teen die goedkoopste opsie nie. Soms is dit die moeite werd om te kyk na die gehalte van die produk wat jy koop, veral as dit lank moet hou.