10.08.2010 Skolerugby in uitklopfase
DIE jaarlikse Metropolitan Raadsbekerligas vir Namibiese skolerugby het die uitklopfase bereik.
Die jaarlikse toernooi bied ’n geleentheid aan skole om hul rugbytalent te identifiseer en verder te ontwikkel. Metropolitan het ’n bedrag van N$110 000 geborg vir die 19de jaarlikse liga waarvan die kwarteindstryde die afgelope naweek in die hoofstad gespeel is. Komende naweek wag die halfeindstryde en op 19 en 20 Augustus die eindstryde. Vanjaar ding ’n rekordgetal skole in die gewilde kompetisie mee van wie sommige vir die eerste keer op die rugbyvelde van United en WHS in die uitklopwedstryde van die gesogte ligas betrokke was.
Republikein se Boet Matthews was Saterdag met sy kamera by die aksie op Gemsbokpark.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|