
Die Christina Swart-Opperman Trust het 21 toiletware-pakkies oorhandig aan die San-kinders van die Freedom Square projek wat by Laerskool Vergenoeg, 100 km oos van Gobabis, skoolgaan. CIC Holdings het die inhoud van die pakkies geborg. Die pakkies bevat elk ’n tandeborsel, seep, waslap, sjampoe, waspoeier en koekies. Die Trust het die koekies bygedra en het ook koshuisgeld ter waarde van N$9 450 betaal. Hier oorhandig dr. Christina Swart-Opperman (regs), die pakkies aan me. Berthilda Tsuos, projekkoördineerder van Freedom Square.