DIE duikslae, drieë en oorwinnings van die komende naweek se finale wedstryde in die Metropolitan Raadsbeker-toernooi sal Saterdagoggend ná die eerste wedstryd op Namlish.com te siene wees. Deur die loop van die dag sal fotohoogtepunte deurgaans op die webwerf gelaai word en sal die eindtelling van elkeen van die tien wedstryde beskikbaar wees.
Metropolitan se Raadsbeker is die hoogtepunt van die skolerugbyseisoen met die wedstryd in die o.19-superliga tussen Dr. Lemmer en WHS word die Hage Geingobstadion die plek waar leerders Saterdag sal moet saamtrek tot die laaste eindfluitjie blaas.
Die dag skop om 07:30 reeds af met ’n wedstryd tussen die onder 14-spanne van die Mariental Skole en Windhoek Hoër se B-span. Wedstryde volg daarna elke uur of so tot die laaste wedstryd om 18:30 tussen die superspanne van Dr. Lemmer en WHS plaasvind.
Leerders by die stadion wat glo hulle het die foto van die dag op ’n selfoon vasgelê, kan Namlish.com se span in die stadion soek en die foto daar aflaai vir publikasie op die gewilde jeugwebwerf. Wie weet, dalk is daar iets in vir die beste deelnemersfoto van die dag.
Klik op www.namlish.com vir die wenners!