
Personeel van die Namibiese Rooi Kruis het slagoffertjies van die vloedgeteisterde Oshakati-omgewing gister by die FNB-Etameko projek besig gehou, terwyl verskeie ander weldoeners ook die ontwortelde kleutertjies te hulp gesnel het. Van die kinders was ywerig besig om aan die FNB-Etameko speletjies en kompetisies deel te neem.