24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.11.2011

Unam-kampusse per video verbind

© Marlize Rautenbach
Die Universiteit van Namibië (Unam) met behulp van die Sentrum vir Siektebeheer (CDC) en die Internasionale Opleidingsentrum vir Gesondheid (I-Tech) het onlangs die bekendstelling van hul nuwe Multipoint Bridge gevier. Die stelsel maak dit moontlik om die hoofkampus deur middel van ’n videokonferensie aan al die ander Unam-kampusse in die land te koppel. Die Adjunkminister van Onderwys, dr. David Namwandi (foto), het in sy toespraak gesê hy is baie in sy skik met hierdie stelsel wat dit moontlik maak om onderwys na afgeleë gebiede te versprei sonder om te reis. Danksy ’n videokonferensie was die kampusse in die Noorde deel van die bekendstelling.