24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

16.11.2011

Portugees nou nuwe skoolvak

© Tammy Kleinhans
Die Portugese sekretaris van buitelandse sake en samewerking, mnr. Luis Brites Pereira, en Namibië se Adjunkminister van Buitelandse Sake, mnr. Peya Mushelenga, onderteken die memorandum van wedersydse begrip oor Portugees wat in Namibiese skole aangebied gaan word.

VANAF die begin van die 2012-skooljaar het leerlinge die geleentheid om Portugees as vak te neem.

’n Memorandum van wedersydse begrip is Maandag deur die Adjunkminister van Buitelandse Sake, mnr. Peya Mushelenga, en die Portugese sekretaris van buitelandse sake en samewerking, mnr. Luis Brites Pereira, onderteken.

Pereira het gesê die leer van Portugees sal onder meer sakeleiers, diplomate en wetenskaplikes help, veral in onderhandelinge in die Suider- Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) en die Afrika-unie (AU).

Mnr. Mushelenga het gesê meer as 4 000 leerlinge studeer reeds Portugees en talle amptenare in sy Ministerie is besig om die taal te leer.

“Namibië en Portugal het ’n baie goeie verhouding, benewens die verwantskap met Angola.”

Hy het gesê die taal word wyd in Afrika gepraat, dus is dit gepas dat dit nou in Namibiese hoërskole aangebied word. Hy het die hoop uitgespreek dat die ondertekening tot die verdere versterking van die verhouding met Portugal sal lei.

Pereira het gesê sy regering sal sy Namibiese eweknie bystaan deur opleiding vir onderwysers by die Universiteit van Namibië aan te bied en ook beurse beskikbaar te stel.

Handboeke en ander hulpmiddels, onder meer woordeboeke, sal ook voorsien word.

Pereira het voorts gesê Portugal sal voortdurende bystand bied met die opleiding van onderwysers in verskillende streke.

Skole wat belangstel om die taal aan te bied, moet met die Nasionale Instituut vir Onderwysontwikkeling (NIED) in verbinding tree omdat hulle die projek koördineer.