18.01.2012 Kavango-onderwys maak groot sprong
VANJAAR se graad 12-uitslae vir die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat op gewone vlak (NSSCO) het heelwat verskuiwings op die nasionale streekranglys veroorsaak.
Ondanks die probleme wat verlede jaar se vloede veroorsaak het, het die Kavango-, Oshikoto- en Caprivistreek baie goed gevaar. Die Kavango het met sewe plekke opwaarts beweeg en die Caprivistreek is ses plekke hoër. Die streek wat die meeste gesak het, was die Omahekestreek wat ses plekke op die ranglys geval het.
Die streke se posisies is as volg, met verlede jaar se posisie in hakies:
Erongo 1 (1)
Otjozondjupa 2 (4)
Kavango 3 (10)
Khomas 4 (3)
Oshikoto 5 (5)
Caprivi 6 (12)
Hardap 7 (2)
Ohangwena 8 (7)
Karas 9 (8)
Omusati 10 (9)
Oshana 11 (11)
Omaheke 12 (6)
Kunene 13 (13)
|