24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.09.2010

Geletterdheid is bemagtiging

ONDERWYSINSTELLINGS en geletterdheidsinstansies regoor die węreld gedenk vandag Internasionale Geletterdheidsdag, soos deur Unesco onderskryf. Internasionale Geletterdheidsdag is daarop gemik om bewustheid van geletterdheid onder die węreld se ongeletterde gemeenskap te skep.

Vanjaar se tema vir die dag is “Bemagtiging van vroue deur geletterdheid bemagtig ons almal”.

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, mnr. Ban Ki-moon, het in ’n verklaring gesę dat op die dag klem gelę word op die sentrale rol wat geletterdheid in die bemagtiging van vroue speel.

“Geletterdheid verander die lewens van vroue, hul families en gemeenskappe,” het hy gesę.

Hy is van mening dat geletterde vroue meer geneig is om hul kinders, veral hul dogters, na skole te stuur en dat hulle deur geletterdheid ekonomies meer selfonderhoudend en aktief by hul lande se maatskaplike, ekonomiese en kulturele lewe betrokke raak.

“Alle bewyse dui daarop dat belegging in die geletterdheid van vroue hoë ontwikkelingsdividende tot gevolg het,” het mnr. Ban gesę.

Die geletterdheid van vroue het oor die afgelope dekade groter belangrikheid op lande se politieke agendas gekry. Dit het veral gebeur sedert by die Węreldonderwysforum in Dakar, onderneem was om ’n doelwit te stel om die węreld se ongeletterdheidskoers van volwassenes teen 2015 met die helfte te verminder.

Die Verenigde Nasies se Geletterdheidsdekade wat vanaf 2003 tot 2012 strek, het die vermindering van ongeletterdheid verder aangemoedig. Volgens inligting daal ongeletterdheidsvlakke, maar ongeveer een volwassene uit ses kan nie lees of skryf nie en twee uit elke drie ongeletterde volwassenes is vroue.

Die VN se sekretaris-generaal is van mening dat die węreld ’n behoefte het aan verhoogde finansiering en volhoubare voorspraak vir geletterdheidsprogramme van gehalte wat vroue bemagtig en verseker dat meisies en seuns op primęre en sekondęre vlak nie ’n nuwe geslag van jong ongeletterdes word nie.

“Elke geletterde vrou is ’n sege oor armoede,” het mnr. Ban gesę.

Hy het ’n beroep op regerings, skenkers, nie-regeringsorganisasies en ontwikkelingsvennote gedoen om geletterdheid toeganklik te maak vir vroue oral en gesę dat geletterdheid ’n belangrike basis vir ontwikkeling en vooruitgang vorm.

“Die bemagtiging van vroue deur middel van geletterdheid, bemagtig ons almal,” het die VN-leier gesę.

• Internasionale Geletterdheidsdag op 8 September, is in November 1965 geproklameer met die doel om die belangrikheid van geletterheid onder individue en die gemeenskap se aandag te bring.

Unesco herinner die internasionale gemeenskap jaarliks op hierdie dag aan die stand van geletterdheid en volwasse opvoeding węreldwyd.

Ongeveer 796 miljoen volwassenes beskik steeds nie oor geletterdheidsvaardighede nie, van wie ongeveer twee derdes vroue is, en die herdenking van die dag fokus daarom op die verandering wat geletterdheid in die lewens van die vroue en hul families en gemeenskappe kan bring. Statistiek toon ook dat ongeveer 75 miljoen kinders nie skool bywoon nie.

Baie meer kinders woon skool op ’n ongereelde grondslag by of verlaat die skool. Byna 35 lande węreldwyd het ’n geletterdheidsvlak van minder as 50 persent en ’n bevolking van meer as tien miljoen mense wat ongeletterd is.