24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.12.2011

Ekstra hulp in wiskunde, wetenskap


Van links is mnr. H. Hendriks (Eldorado SS), mnr. Abe Beukes (skrywer), me. Patricia Beukes (MASACA), me. Henriette Speelman (Kamwandi JSS), mnr. Bruce Hansen (Simonis Storm Securities), me. Alexia Tjiroze (Simonis Storm Securities), me. Ronel Bezuidenhout (HTS), mnr. Roland Simpson (Dawid Bezuidenhout SS) en me. Maureen Mwanamwali (Ministerie van Onderwys).

WISKUNDE en wetenskap is waarskynlik twee vakke waarmee leerlinge die meeste sukkel. Tog is hierdie vakke noodsaaklik vir latere studies in ingenieurswese, medies, astrologie, geologie en talle ander vakrigtings. Boonop is wiskunde nou ook tot graad 12 verpligtend.

Van links is me. Patricia Beukes (MASACA), me. Amara Sacco (Seunsskool Pionier), me. Gizela Laborn (Seunsskool Pionier), mnr. Kobus van Graan (Frans Indongo-groep), mnr. Etienne Cloete (Frans Indongo-groep) en mnr. Abe Beukes (skrywer).
Omdat sy weet daar is ’n groot behoefte aan bykomende hulp in hierdie twee vakke, het me. Patricia Beukes, die stigter van Masaca, besluit om gidse vir wiskunde en wetenskap vir leerlinge in graad 8 tot 10 ontwikkel. Sy het ander maatskappye om bystand genader en kort voor lank het twee ondernemings ingestem.

Sedertdien is die gidse aan uitgesoekte skole oorhandig.

Simonis Storm Securities het wiskundegidse vir graad 8 geborg. Gidse is oorhandig aan die sekondêre skole Dawid Bezuidenhout en Eldorado, asook die Hoër Tegniese Skool in Windhoek, en die Junior Sekondêre Skool Kamwandi op Hentiesbaai.

Die Frans Indongo Groep het wetenskapgidse vir graad 8 geborg. Gidse is oorhandig aan die Junior Sekondêre Skool Vooruitsig (Rehoboth), die Gekombineerde Skool IK Tjimuhiva (Opuwo), die Sekondêre Skool De Duine (Walvisbaai) en die Seunskool Pionier (Windhoek).

Die gidse het ten doel om die vakke aan te vul met aktiwiteite, huiswerk en remediërende klasse vir stadiger leerders.

Die gidse is opgestel deur Abe Beukes, wat al 25 jaar ’n wiskundeen wetenskaponderwyser is, en is volgens die jongste leerplanne, soos voorsien deur die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (NIED) saamgestel. Dit sal vanaf Januarie 2012 by Edumeds en Karnic beskikbaar wees.