Onderwys beloon sy bestes

DIE Ministerie van Onderwys het die afgelope Donderdag die kroon op sy opvoedingsjaar gespan met die uitdeel van pryse aan die land se toppresteerders in 2009. In totaal was daar meer as N$55 000 se prysgeld op die spel.

Die Otjozondjupa- en Omeheke-streek het onderskeidelik Letshego se wisseltrofeë vir die beste verbetering in prestasies in die graad 10- en NSSCO-eksamens vir graad 12’s ontvang. Letshego het meer as N$10 000 uitgeloof vir die twee skole wat die beste verbetering in graad 12-wiskunde en -skeinat getoon het, asook vakpryse vir die leerlinge met die beste punte in wiskunde op hoër of gewone vlak en Engels (tweede taal) op gewone vlak.
Hoërskool Jan Jonker Afrikaner in Windhoek het deur 77 plekke op die nasionale rangleer te klim, die grootste opgang gemaak in NSSCO-wiskunde, terwyl Walvisbaai se Hoërskool De Duine 63 plekke op die rangorde vir NSSCO-skeinat opgeskuif het. Ehovelo Investments het weer ’n beurs van N$5 000 elk aan ’n meisie- en seunstudent uit die landelike gebiede met groot belofte geskenk om ’n sukses van hul verdere studies te maak.

Die pryse het gegaan aan Lizel McNab van die Hoërskool M&K Gertze op Rehoboth en Abelin Nel van Dr. Lemmer Hoërskool op dieselfde dorp. Beide het een A-plus, drie B’s en twee C-simbole behaal. Cambridge Internasionale Eksamens (CIE) het meer as N$30 000 beskikbaar gestel vir die beste graad 12-kandidate op hoër- (NSSCH) en gewone vlak (NSSCO). NSSCH-wenners Beste prestasie in ses hoërvlakvakke: Ilke Meissner, Hoërskool Delta in Windhoek; Janine Els, Hoërskool Otjiwarongo; Juan Oosthuizen, Hoërskool Namib op Swakopmund.

Beste prestasie in vyf hoërvlakvakke: Martina Brockmann, Hoërskool Otjiwarongo; Daniel Maxwell, St. Paul’s College in Windhoek.

Behalwe vir pryse ter waarde van net meer as N$10 000 vir die beste gemiddelde prestasies in ses NSSCO-vakke landwyd en in elke streek, was vakpryse van ’n verdere N$15 000 op die spel.
NSSCO-wenners Linda Shitumbapo van Hoërskool Etosha op Tsumeb en Stefanus Shatipamba van die Hoërskool Haimbili Haufiku op Eenhana het Cambridge se pryse vir die beste prestasie in ses vakke op gewone vlak gewen.

Behalwe vir die streekwenners in ses NSSCOvakke op die foto’s hiernaas, was Uetutjitira Tjiposa van die Hoër Beroepopleidingskool Ruacana die beste presteerder in die Omusatistreek, Mweutupa Iiyambo van die Hoërskool Oshakati is die wenner in die Oshana-streek en Andrew Mutumuswana van Caprivi Hoërskool op Katima Mulilo die beste presteerder in Caprivi. Die beste vakprestasie deur voltydse NSSCOkandidate in elke streek is behaal deur:
Karas: Simon Simon, Hoërskool Lüderitz, ’n A-plus vir geskiedenis.

Hardap: Weddy Hangue, Hoërskool Mariental, ’n A-plus vir biologie.

Khomas: Johnny Khaibeb, Augustineum, ’n A-plus vir skeinat.

Omaheke: Tjitumuzuva Mungunda, Wennie du Plessis, ’n A vir sakestudies.

Erongo: Rachela Nakwahonga, Kolin Foundation, ’n A-plus vir rekeningkunde.

Otjozondjupa: Beverlyn Ganes, Hoërskool Otjiwarongo, ’n A-plus vir aardrykskunde.

Kunene: Jonas Tomanga, Hoërskool Outjo, ’n A-plus vir skeinat.

Omusati: Patricia Bundje, Canisianum Rooms- Katolieke-skool, ’n A-plus vir biologie. Oshana: Elizabeth Haikali, Hoërskool Gabriël Taapopi, ’n A-plus vir ontwikkelingstudies.

Ohangwena: Frans Shafuda, Ongha Hoërskool, ’n A-plus vir skeinat.

Oshikoto: Frieda Akuunda, Hoërskool Tsumeb, ’n A-plus vir aardrykskunde.

Kavango: Adelinu Celestinu, Hoërskool Romanus Kamunoko, ’n A vir biologie.

Caprivi: Mwanga Simasiku, Hoërskool Caprivi, ’n A-plus vir ontwikkelingstudies.

CIE se vakpryse vir Namcol se top meisie- of seunstudente in elke streek sal later oorhandig word. Die volgende pryse was vir buitengewone vakprestasies by ander afstandonderriginstellings as Namcol:

Pennhouse: Liyeke Nsala, ’n B vir geskiedenis.

Tucsin: Gabriella Dausad, ’n 1 vir NSSCHwiskunde.

Tucsin-Noord: Ndamono Mbepo, ’n A-plus vir ontwikkelingstudies.

NATC: Menjandere Uamburu, ’n B vir aardrykskunde.

IOL: Chesslyn Dentlinger, ’n A-plus vir Engels (tweede taal). Die 13 streke se beste presteerders in graad 12-wiskunde is:

Karas: Johannes Smith, PK de Villiers (1)

Hardap: Vital Alexandre, Dr. Lemmer (1)

Khomas: Manfred Nauhaus, Delta (1)

Omaheke: Marichen Smith, Gobabis Gimnasium (1)

Erongo: Meike Dorgeloh, Hoërskool Namib (1)

Otjozondjupa: Jost Pfafferott, Hoërskool Otjiwarongo (1)

Kunene: Veronica Amunyela, Hoërskool Outjo (B)

Omusati: Patricia Bundje, Canisianum Rooms- Katolieke-skool (1)

Oshana: Titus Nghipulile, Gabriel Taapopi (1)

Ohangwena: Stefanus Shatipamba, Haimbili Haufiku (A-plus)

Oshikoto: Maria Namupala, Hoërskool Ekulo (1)

Kavango: Ernest Hamukwaya, St. Boniface (1)

Caprivi: Eunice Muhau, Hoërskool Caprivi (C) Die beste kandidaat in Engels (tweede taal) (NSSCO):

Karas: Laetitia Beukes, Hoërskool Lüderitz (A)

Hardap: Lizel McNab, M&K Gertze (A-plus)

Khomas: Wayne Sitentu, Centaurus (A-plus)

Omaheke: Biolla Hiamutiti, Wennie du Plessis (A-plus)

Erongo: Jonas Ileka, Hoërskool Kuisebmond (A-plus)

Otjozondjupa: Precious Matali, Grootfontein Hoërskool (A-plus)

Kunene: Beauty Gaeses, Outjo Hoërskool (B)

Omusati: Hiskiel Stephanus, Hoërskool Negumbo (B)

Oshana: Shaunee Abraham, Gekombineerde Skool Erundu (A-plus)

Ohangwena: Joolokeni Kashile, Hoërskool Eengedjo (B)

Oshikoto: Wilhelm Amukoto, Hoërskool Etosha (A- plus)

Kavango: Naimi Hatutale, Hoërskool Noordgrens (A)

Caprivi: Libetwa Likando, Hoërskool Caprivi (A)
NSSCO se top 10Hoërskool Etosha op Tsumeb het in 2009 nie minder nie as vyf kandidate op die amptelike ranglys vir die tien beste presteerders met ses vakke vir die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat op gewone vlak (NSSCO) Opgelewer.

1 Linda Shitumbapo, Etosha, 2xA* 3xA B

2 Hilma Namupolo, HS Hage Geingob, 5xA* E

3 Mweutupa Iiyambo, HS Oshakati, 3xA* A 2xB C

4 Shaunee Abrahams, GS Erundu, A* 3xA 2xB

5 Nangula Angula, Etosha, 5xA B

6 Glannis Shiyuka, Etosha, A* 3xA B C

7 Stefanus Shatipamba, SSS Haimbili Haufiku, 3xA* A C D

8 Jay Cee Lourens, Etosha, A* A 4xB

9 Cattulla Mbibi, Etosha, 4xA 2xB

10 Philip Kareyi, St. Boniface, 2xA* A 2xB 2xC
Beste NSSCO-skoleVorige gradering (2008) in hakies.

1 St. Boniface College, Kavango (2)

2 St. Paul’s College, Khomas (4)

3 SS Oshigambo, Oshikoto (6)

4 Windhoek Gimnasium, Khomas (nuut)

5 Gobabis Gimnasium, Omeheke (3)

6 SSS Negumbo, Omusati (13)

7 St. George’s, Khomas (8)

8 HS Otjiwarongo, Otjozondjupa (12)

9 Elcin Nkurenkuru, Kavango (18)

10 HS Jan Möhr, Khomas (onveranderd)

11 Duneside, Erongo (14)

12 SS Delta, Khomas (9)

13 SSS Gabriel Taapopi, Oshana (17)

14 RKS Canisianum, Omusati (5)

15 HS Namib, Erongo (11)

16 Edugate Akademie, Otjozondjupa (20)

17 Tucsin, Khomas (16)

18 JG van der Wath, Otjozondjupa (34)

19 DHPS, Khomas (7)

20 HS Walvisbaai, Erongo (22)

Kategorie: 

Facebook kommentaar