Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

1.09.2010

Lenteskool begin grootse poging

© Verskaf
Leerlinge wat die Lenteskool bywoon wat deur die Michelle McLean Kinderfonds in samewerking met Bank Windhoek gehou word.

DIE Michelle McLean Kinderfonds het in samewerking met Bank Windhoek sy jaarlikse lenteskool op Maandag by Windhoek Hoërskool (WHS) begin.

Klasse word in onder meer wiskunde, rekeningkunde en natuurwetenskap aan graad 10- en graad 12-leerlinge gebied om hulle vir die eindeksamen voor te berei.

Die doel van die lenteskool is om die standaard van wiskunde, rekeningkunde en natuurwetenskap in Namibië te bevorder. As deel van die voorbereiding word vraestelle van vorige eksamens deurgewerk.

Sekere gedeeltes van die leerplan word behandel en probleemareas word geïdentifiseer. Aandag word dan aan die probleme geskenk en dit help die leerlinge om die inligting beter te verstaan. Meer as 500 inskrywings van 35 skole landwyd is ontvang en die lenteskool duur vyf dae.

Die Michelle McLean Kinderfonds en Bank Windhoek help die Ministerie van Onderwys om op hierdie wyse sy doel te bereik, te wete die verbetering van uitslae in die betrokke vakke wat op die lenteskool aangebied word.