24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

27.09.2011

Yoandra ’n studenteleier

© Namlish
Yoandra Kotzé (links) het vanjaar geskiedenis gemaak toe sy die eerste Namibiër geword het wat as voorsitter van die Durbanville Kollege se studenteraad (SR) verkies is. Yoandra het reeds verlede jaar op die SR gedien. Sy het in 2007 aan Windhoek Hoërskool gematrikuleer en studeer Toerisme. “Dit is vir my ’n groot eer, maar dit vervul my ook met nederigheid. Die geleenthede wat ek as studenteraadslid gekry het om in diens van die gemeenskap te staan as gevolg van die liefdadigheidsprojekte waarby die SR betrokke was, het my laat besef hoe bevoorreg ek is,” het sy gesê. Regs is Natasha Hanekom, die ondervoorsitter van die SR.