24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

11.10.2011

Nuusmakers by DHPS


Ses leerlinge van die Duitse Hoër Privaatskool se Engelse stroom het onlangs aan die Duitse taalkompetisie by die Goethesentrum deelgeneem. Vier van die ses het pryse gewen: Agnetha Brockerhoff, wat vanjaar by die skool ingeskryf het en ’n nuwe student van Duits as vreemde taal is, het ’n sertifikaat ontvang; Valenchia Jagger het ’n plesiervlug oor Windhoek gewen; en Petelina Frans en Ethan Pieters het ’n reis na Duitsland gewen. Van links is Victor Namwandi, Petelina Frans, Valenchia Jagger, Ethan Pieters, Agnetha Brockerhof en Sybile van Wyk.


Vanjaar se graad 12-klas van die Duitse Hoër Privaatskool het onlangs hul afskeidsgeselligheid gevier. Tydens die geleentheid is akademiese pryse oorhandig aan leerlinge wat die beste presteer het. Die hoogste punte is deur Joanna Haufiku, Uvangua Kahungi, Matthias Kreft, Eddy Iita, Alexanderie Basson en Immo Kötting behaal. Agter van links is Diana von Teichmann, Lowkey (gas), Denise Khoi-Aos, Mattias Kreft, Lothar Kasch en Erik von Kühne. In die middel is Eddy Iita, Brendan Bampton, Tracey-Lee Junius, Joanna Haufiku, Jens Doll, Megan Garises, Kristopf Lerch, Richard Ebert, Tamara Siedentopf, Joachim Rust en Dirk Penzhorn. Voor is Urte Friedrich, Scott-Marlon Koopman, Alexandrie Basson, Kristian Beck, Uvangua Kahungi, Donovan Majiedt, Brandon van Wyk, Christof Thesen, Maikuani Dax, Dunja Kinder, Immo Kötting, Ndaty Tshilunga en Claudia Mattle.