24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

21.07.2011

kinders leer oor water

© Verskaf
Twintig graad 7-leerlinge van die Primêre Skool Olof Palme het onlangs ’n beroepsuitstappie na die Goreangab waterherwinningsaanleg (Wingoc) onderneem. Die doel van die samewerking tussen Wingoc en die Christina Swart-Opperman stigtingstrust vir vigswesie, wat die uitstappie gereël het, is om kinders aan ’n loopbaanrigting in die watersuiweringsbedryf bloot te stel. Die idee is dat wanneer die leerlinge in graad 10 is, ’n opvolgbesoek gedoen sal word. Loopbane in die watersuiweringsbedryf sluit in mikrobioloë, tegnici, elektrisiëns, ingenieurs en ander verwante beroepe. ’n Finale besoek vind plaas wanneer die kinders in graad 12 is. Die eerste beroepsuitstappie is in September 2010 deur die trust in samewerking met TransNamib onderneem om kinders aan loopbaanrigtings in die vervoerbedryf bloot te stel.