
Die Hoërskool Cosmos se Cosmic Vrywilligersklub is sowat ’n maand gelede gestig tydens ’n slypskool vir die jeug wat deur die Amerikaanse ambassade aangebied is. Die doel van die klub is om ’n behoefte by die skool of in die gemeenskap te identifiseer en om te help of ’n bydrae te lewer waar moontlik. Die eerste behoefte wat by die skool geïdentifiseer is as iets wat dringende aandag verg, was die bome en plante en op 1 Julie is die rommel op die skoolerf verwyder en die plante is bemes. Hier is die vrywilligers met hul toerusting en sakke vol rommel.