3.02.2011 Cosmos lewer beste Khomas-leerder op
 Hier is me. Anita Vorster (links), ’n Afrikaanse onderwyseres, en die skoolhoof, me. Retha Landsberg, trots saam met Aron.
Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Hoërskool Cosmos is een van sy graad-12 leerlinge, Aron Nanzimbongo, as algehele beste presteerder in ses standaardgraad vakke in die Khomasstreek aangewys.
’n Engelse onderwyseres van die skool, me. Chrissie Steenkamp, is in haar noppies met die graad 12’s se uitslae vir Engels as tweedetaalvak.
Drie leerlinge het A-plus simbole behaal, van wie Aron een is. Die Hoërskool Cosmos se 2010 matrieks het in die algeheel beter gevaar as die vorige jaar se groep. In die Khomasstreek was die skool verlede jaar 20ste op die lys, maar het vanjaar met sewe plekke opgeskuif tot nommer 13 uit die 33 hoërskole in die streek.
Op nasionale vlak het die skool met 27 plekke verbeter en is nommer 47 uit 152 skole landwyd.
|