24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

27.09.2011

Carmen wen die MVAF se prys

© Verskaf
Carmen Imbili (middel) is die wenner van die Motorvoertuigongelukfonds se essay-kompetisie vir graad 11- en 12-leerlinge. Haar naaswenners is Petrus Hatupopi (links) en Uhunga Kalla (regs).

CARMEN Imbili, ’n graad 12-leerling aan die Sekondêre Skool Jan Möhr in Windhoek, het ’n iPad en N$2 500 vir die koop van boeke vir haar skool se biblioteek gewen in die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) se skryfkompetisie.

Deelnemers moes ’n essay skryf wat gehandel het oor die hoofoorsake van ongelukke en voorstelle maak oor hoe padveiligheid kan verbeter.

Petrus Hatupopi van die Sekondêre Skool Haimbili Haufiku het die tweede prys – ’n skootrekenaar – gewen, terwyl Uhunga Kalla van die Sekondêre Skool Delta wat derde gekom het, ’n rekenaar ontvang het.

Die Sekondêre Skool Gabriel Taapopi op Ongwediva het die meeste inskrywings ingestuur en daarvoor het die skool N$1 000 ontvang wat gebruik sal word vir die koop van opvoedkundige boeke.

Die MVAF het die kompetisie in 2007 van stapel gestuur om as opvoedkundige middel te dien sodat studente die impak van padongelukke in Namibië beter kan verstaan.

Altesame 374 inskrywings van skole in die 13 streke is ontvang.

Die tien finaliste is deur ’n onafhanklike beoordelingspaneel uitgesoek en die top drie is deur die Engelse departement van die Politegnikum uitgesoek.