Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

30.08.2010

Kleinspan dra kultuur oor

© Tammy Kleinhans
Preprimêre Skool Paulus //Gowaseb wat ’n dans vir die gehoor opgevoer het.

PREPRIMÊRE Skool Paulus //Gowaseb in Katutura het onlangs ’n kultuurdag saam met twee ander skole ter afsluiting van die skooltermyn aangebied wat groot byval by ouers en belangstellendes gevind het.
© Tammy Kleinhans
Preprimêre Skool Paulus //Gowaseb wat ’n Oshiwambo-dans vir die gehoor opgevoer het.
Die kleintjies het gesing, gedans en tonele vir die gehoor opgevoer.

Die koördineerder van preprimêre onderwys vir die Khomas-streek, me. Milka /Khoeses, het ook die geleentheid bygewoon.

Sy het in haar toespraak gesê dat voorskoolse opleiding ’n goeie grondslag lê waarmee die kinders formele onderrig kan aanpak.


© Tammy Kleinhans
Preprimêre Skool Theo Katjimune wat tydens hul kultuurdag saam met Preprimêre Skool Paulus //Gowaseb ’n Oshiherero-drama opgevoer het.
Sy het ouers aangemoedig om hul kinders vir voorskoolse onderrig te stuur, want kinders is die dokters, prokureurs en leiers van die toekoms.

Me. /Khoeses was van mening dat ouers en die gemeenskap kinders nie moet onderskat nie en hulle die geleentheid bied om hul volle potensiaal te bereik.

Me. Evenstina //Garoes, een van die onderwysers by Preprimêre Skool Paulus //Gowaseb, het gesê die doel van die kultuurdag is om die kinders van verskillende kulture te leer aangesien dit deel van die leerplan vorm.