11.03.2008
Eerste Etameko’s vir 2008 bekendgestel
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon.
In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
EERSTE NASIONALE BANK (ENB) het gister met ‘n N$100 000-borg-skap saam met die Minister van Onderwys, mnr. Nangolo Mbumba, en Republikein se internasionaal bekroonde Etameko ‘n reddings-gordel na ontwrigte en agtergeblewe skoolgemeenskappe in veral die noordelike vloedgeteisterde gebiede uitgegooi.
Midde die vloede wat leerders in die noordelike streke van Namibië weghou van skole, sorg Republikein en sy susterskoerant, Namibian Sun, saam met hul vennote, ENB en die Ministerie van Onderwys sedert die naweek dat die eerste van ‘n beoogde byna een miljoen Etameko-kladboeke vir ontwortelde en min-derbevoorregte kinders steeds die geleentheid kry om skoolwerk te doen met die FNB/Etameko-klad-boekies vir 2008 wat gister in die hoofstad bekendgestel is.
Die eerste pakke kladboekies is al voor die naweek na al dertien streke van die land versprei waar dit sedert gister aan leerders uitgedeel is. Etameko is aan die einde van verlede jaar deur die Wêreldver-eniging van Koerante in Amsterdam beloon met ‘n spesiale erkenning vir die bydrae wat dit tot jeugontwikkeling maak en is ook deur ‘n senior onderwysspesialis van die Wêreldbank, me. Mmantesta Marope, as ‘n voorbeeld van skeppende denke uitgesonder wat ‘n bydrae tot onderwysontwikkeling maak.
As deel van hul maatskaplike verantwoordelikheid teenoor die Namibiese gemeenskap, het ENB die eerste vennoot van Republikein en Namibian Sun in 2008 geword om hul dankbaarheid teenoor Namibiërs te wys met die uitgee van die eerste 322 000 Etameko’s vir vanjaar.
ENB neem ook die konsep van die projek verder deur leerders meer te leer oor die bankwese en aan hulle asook hul onderwysers raad te gee hoe om met geld tewerk te gaan. Terselfdertyd staan Etameko-gebrui-kers ook die kans om ‘n bankre-kening waarin N$50 gedeponeer is, te wen deur net een maklike vragie te beantwoord en die inskrywing wat die antwoord bevat dan voor 1 Mei 2008 by die naaste tak van ENB in te handig.
Op ‘n ander blad moet leerders weer stukkies van ‘n bank-kaart aanmekaar plak op die inskry-wingsvorm om ook vir ‘n spaarre-kening in aanmerking te kom. Verskeie woordspele en pret-aktiwiteite is in die nuutste Eta-meko’s vervat wat aan leerders die kans gee om hul breine uit te daag en die niksdoentyd by die huis te verwyl.
Republikein en sy susterskoeran-te, Allgemeine Zeitung en Namibian Sun, gaan poog om met behulp van korporatiewe vennote en die Mi-nisterie van Onderwys meer as een miljoen van hierdie boekies van-deesmaand aan minderbevoorreg-ter leerders regdeur die land beskikbaar te stel.
Die eervolle vermelding wat Etameko verlede jaar van die Wêreldkoerantvereniging (WAN) ontvang het, is by ‘n konferensie vir redakteurs en bemarkers in die Nederlandse hoofstad, Am-sterdam, aangekondig. Dit is deur verteenwoordigers van 18 000 koerante, 76 nasionale koerant-verenigings en –maatskappye asook individuele koerante van 102 lande met ‘n gesamentlike leserstal van meer as 1.6 miljard bygewoon.
Die idee van Etameko het ontstaan toe ‘n skoonmaker van ‘n laerskool op Leonardville by Republikein aangeklop het vir hulp om die leerders wat hy en sy vrou tuis versorg, van skryfboeke en ander benodigdhede te voorsien. Die projek behels die gebruik van oorskot koerantpapier wat nie vir die druk van koerante gebruik kan word nie, om boekies met rofwerkpapier en uitdagings aan leerders te voorsien.
Die kladboekies word veral aan kinders beskikbaar gestel wat nie kan bekostig om skryfboeke vir hul skoolwerk te koop nie en bied aan hulle die geleentheid om soos kinders wat weller af is, hul skool-werk te kan doen.
Die projek is gister deur die hoof uitvoerende beampte van Eerste Nasionale Bank, adv. Vekuii Rukoro, verwelkom as ‘n bewys van die samewerking tussen die owerheid, die private sektor en inwoners van die land ten einde groter vraagstukke en ideale gesamentlik aan te pak.
Sanet de Waal