Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

11.03.2010

Voedingkundige baie boos

Ida Erasmus skryf:
 
EK verwys na die artikel op die Cordon Blou-blad in die Kollig-bylaag van verlede week wat inligting verskaf aan die publiek oor dieetkundiges. Daarin staan dat voedingkundiges geen kwalifikasie nodig het nie! Met ander waarde ek sal my kat ook ‘n voedingkundige kan noem?

Ek is ‘n voedingkundige en wil jul beriggewer net daarop wys dat daar ‘n groot stryd is tussen dieetkundiges en voedingkundiges. Die Namibiese Raad vir “Allied Health Workers”, registreer nou voedingkundiges en jy het wel ‘n graad of kwalifikasies in voeding en voedsel nodig.

Dit word aan die “Health Profession Council” voorgelê vir goedkeuring! Ek wil ook graag u beriggewer daarop wys dat dieetkundiges in Namibië nie bereid is om soos voedingkundiges te beweeg na die landelike gebiede in Namibië nie, ek praat nou van plekke soos Nkurenkuru- hospitaal, Mopara-kliniek, Mpinikliniek, Eenhana- hospitaal, Engelahospitaal, Oshakati, Keetmanshoop, Lüderitz, Aranos, Tsandi, Okahao.

Daar is 18 staatshospitale en vele klinieke regoor Namibië wat voedingvoorligting of -opvoeding reeds baie nodig het. Namibië sit met skrikwekkende hoë wanvoedingsyfers, want ons dieetkundiges wil net in Windhoek werk in lugverkoelde kantore en eis van die mediese fonds, soos wat die artikel heeltemal tereg op wys.

Dus wil hul aanhou met bevoordeling van die bevoordeelde groep in Namibië! Wat van die Namibiërs wat nie gesondheidsorg kan bekostig nie en wat op verafgeleë plekke leef?