Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

Visrivier word rioolhoop

© Verskaf

Bekommerd van Gibeon skryf:
 
GEDURENDE die afgelope naweek is die Gibeon “village council” weer eens betrap waar hul voertuig besig was om die nagvuil in die Visrivier te stort. (Foto bo)

Dit is absoluut minagtend teenoor die gesondheid van mens en dier wat hierdie water gebruik asook die natuurskoon van die omgewing.

Dit was ook boonop die besoek van die Minister van Inligtingstegnologie vir ’n Swapo-vergadering wat die indruk skep dat daar nie meer respek is vir leierskap nie of dat die leiers so politiek honger is en daardeur die gemeenskap se belange oor die hoof sien.

Onderwys op Gibeon is ook vinnig besig om ten gronde te gaan. By Gibeon Primêr is die eerste kwartaal geen rapporte uitgegee nie, want daar was geen eksamens afgelê nie.

Die skool word sommer 12 uur gesluit sodat die skoolhoof en sy onderdane kan Swapo perskonferensies bywoon waarin hulle hul politieke leierskap betwyfel. Geen wonder die Minister is bekommerd oor die afname in Swapo verteenwoording nie.

Onderwys se belange skyn ook te wees in politiek en nie in opvoeding. Dit was weer eens hierdie naweek duidelik sigbaar in hulle betrokkenheid.

Waarheen is ons op pad?