24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.02.2012

Vermy maar die kalklig

Louisa A. Beukes skryf:
 
KALKLIG

Ons hou almal van die limelight
Want dan voel jy taamlik orraait
Jou naam op almal se lippe
Dan maak jy mos meer pitte.

Jan Alleman, jy moet verstaan
Al bring jy jou storie voetsaam
Daai issie wat die leser slaan
Hulle like meer die bekende naam.

Praat van bekend, maar daai’s berug
Ja, enige prys vir die kalklig
Maak nie saak hoe skandlik of sondig
Verstaan tog mooi, dis nuuswaardig.

Sê my dan, Meneer Koerantman
As hulle jou ruit kom uitslaan
Sal jy jou wapens daar laat staan
En liefs vir die kamera gaan.

Laat my ’n geheimpie met jou deel
Dis nie om die kalklig te steel
Weet slegs Jesus kan jou lewe heel
Hy sal die Koninkryk met jou deel.