24.07.2008
Vars en trots uit Rehoboth
GRAAG wil ek u bedank vir die geleentheid om my demokratiese reg te beoefen, soos die Engelsman sê: "Freedom of Speech". Volhartig wil ek my trots uitspreek aan al die lede van die Rehoboth Motor Club. Dis sommer lekker om ’n medemotorsportentoesias en nog baie meer, om ’n mede-Baster te wees! Die jong kêrels behoort regtig met alle eerlikheid, trots te wees op wat hulle bemagtig met hul laaste “July Dragwars” te Rehoboth.
Ja, daar was ’n paar tekortkomimg (soos verwys in ’n brief van ’n leser) en ek glo dat die RMC daarop sal verbeter. Maar bowenalles, was dit fantasties om die spesifieke Saterdag langs die "drag strip" te staan, ’n koue in die hand, onder die skadu van ’n gazebo en te sien hoe die manne mekaar opdreun (en het dit gedreun!).
Nog meer aangenaam om ons eie mense daar te sien, met trots daar, dra hulle hul kenmerkende RMC-hemde! Dit maak ’n man se hart bly! Iets goeds word weer vir ’n slag in onse Rehoboth gedoen! Eie inisiatief en spanwerk, dis hartverblydend om te sien dat die faktore nog bestaan in onse Rehoboth!
Nou staan ons daar langs die "drag strip" (met ’n koue in die hand), hoor jy by die skare hierlangs: “Etsê, die RMC skenk mos baie geld aan liefdadigheid hier op Rehoboth!” "Blykbaar al meer as N$70 000!” Hier hoor ek nou iets, stadig skuif ek nader om te luister of ek reg gehoor het. Baie versigtig, want op Rehoboth is “hoor mos hoeka ’n storie”.
“Nee wat, dis reg!” volhartig antwoord ’n ander, ook met ’n koue in sy hand! Ek wil sommer nou deel raak van RMC! Ek wou sommer op die oomblik my ou karretjie inspan teen my buurman s’n. Laat ons die ouens ondersteun en minder kla oor die toegansfooie (wat al weke voor die "event" geadverteer was) en kla oor die tekort aan aankondigings! Skaar jou by die manne en vrouens van die RMC en bring jou trots saam, want vir die RMC kan ek net noem: Die RMC, "proudly from Rehoboth", want die beeld gaan nog baie "sound" maak in die hele Namibië.